Reisigers moet nou ‘n aanlyn reisigerverklaring indien
- Saamgestel deur Ilde Roos

- 2 hours ago
- 1 min read
Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens waarsku dat enige reisigers wat Suid-Afrika binnekom of verlaat vanaf 1 Julie ‘n aanlyn reisigerverklaring moet indien voordat hulle reis.
Die Inkomstediens sê die verklaring moet binne 24 uur voor vertrek ingedien word en is nou verpligtend vir reise per lug, land, see en spoor. Die aanlyn stelsel vorm deel van die Suid-Afrikaanse Reisigersbestuurstelsel en vervang die loodsfase wat in 2022 begin het.
Reisigers moet goedere, geldeenheid en ander relevante items verklaar voordat hulle by ‘n hawe van toegang vertrek of aankom.








Comments