Renosterhoring mag nou wettiglik die land verlaat
- Ilde Roos

- Nov 3
- 1 min read
Die internasionale handel in renosterhoring is nou wettig.
Regter Pule Tlaletsi het in ’n waterskeidingsuitspraak in die hooggeregshof in Kimberley gelas die toepaslike owerheid in Suid-Afrika moet permitte vir die internasionale handel in renosterhoring uitreik. Die owerheid moet egter tevrede wees dat die horings van wit renosters wat in aanhouding vir bewaring geteel is, afkomstig is.
Netwerk24 berig die eienaar van die Rockwood-renosterreservaat en die applikant in die saak, Wicus Diedericks, het in ’n verklaring die uitspraak as ’n “oorwinning vir renosters, bewaring en gemeenskappe” bestempel. Hy sê dit is ’n besluit wat die spesie kan red, bewaring kan finansier en landelike gemeenskappe kan ophef.
Diedericks sê daar is al dekades lank kundiges wat reken die oplossing vir stropery is die etiese handel in renosterhoring. Die diere se horings kan geoes word sonder om hulle dood te maak, aangesien die horing weer natuurlik terug groei.



Comments