top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Renosterkarkasse is in die Krugerwildtuin gevind

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Jan 7, 2025
1 min read

Polisie in Mpumalanga ondersoek die afsterwe van byna 20 renosters in die Krugerwildtuin. Volgens Mpumalanga-polisiewoordvoerder, Donald Mdhluli, word vermoed dat die meeste renosters vir hul horings vermoor. News24 berig dat al het SANParke ’n projek geloods om renosterhorings te verwyder, begin horings weer groei. Dit is iets wat stropers probeer uitbuit. In Desember het twee Mosambiekse burgers die wildtuin betree. Beide is gewond; een is noodlottig beseer, terwyl die ander een steeds in die hospitaal behandel word. Hy sal binnekort in die hof verskyn. Mdhluli het bevestig dat ’n geweer by die voorval gevind is.

 
 
 

Comments


bottom of page