top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Reën bedreig die gehalte van landbou produkte

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Apr 25, 2025
1 min read

Aanhoudende reënval wek kommer onder boere in dele van die Vrystaat en Mpumalanga, veral onder produsente van sonneblom en sojabone. Volgens Netwerk24 is boere in die Vrystaat van dorpe en hul bure afgesny. Hul landerye is onder water en paaie het in spruite verander. Die hoofekonoom van die Landbousakekamer van Suid-Afrika, Wandile Sihlobo, sê aan Farmer’s Weekly dat die reën kan die gehalte van gewasse wat reeds ryp geword het, benadeel. Vrystaat Landbou se streeksverteenwoordiger, Hendrik Knobel, sê die nat toestande het reeds die oesproses vertraag, en sommige sojabone het begin ontkiem. Intussen sukkel aartappel- en suikerboonboere ook, terwyl skaapboere risiko loop weens die koue, nat weerstoestande tydens lamseisoen.

 
 
 

Comments


bottom of page