Reën- en donderbuie word weer in die VS verwag

Sep 30
1 min read
Die Vrystaat kan van Woensdag af weer reën- en donderbuie verwag, nadat die weer die afgelope paar dae opgeklaar het.
Volgens die Suid-Afrikaanse Weerdiens is daar ’n 60%-kans op reën op plekke, hoewel die Suid-Vrystaat grootliks droër sal bly.
Netwerk24 berig die weer behoort Donderdag en Vrydag weer op te klaar, maar ’n laagdrukstelsel kan vanaf Saterdag weer verspreide reën- en donderbuie bring.
Temperature kan dan daal tot tussen 11 en 24 grade, terwyl sterk en moontlik skadelike wind ook verwag kan word.









Comments