top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Rig jou oë na die sterrehemel vir geestesgesondheid

Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
Saamgestel deur Ilde Roos
Dec 5, 2025
1 min read

In 'n baanbrekersprojek ondersoek die Universiteit Stellenbosch (US) hoe sterrekyk nie net stres kan verminder nie, maar ook gemoedstoestand verbeter en sosiale bande versterk.


Novus Media berig die projek, getiteld "Astronomie vir Geestesgesondheid", is die eerste van sy soort in Suid-Afrika. Die span toets verskeie gestruktureerde sterrekyksessies – van gemeenskapsbyeenkomste tot oornag-wegbreke – as moontlike hulpmiddel.


Die voorlopige bevindings is positief: Binne 24 uur ná die sterrekyk-geleentheid het deelnemers laer vlakke van angs en depressie vermeld, asook ’n verbeterde gemoedstoestand.


Ter illustrasie. FOTO: ChatGPT
Ter illustrasie. FOTO: ChatGPT

 
 
 

Comments


bottom of page