top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Riglyne vir omstrede Bela-wet eersdaags bekend

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Jun 12, 2025
  • 1 min read

Die minister van Basiese Onderwys, Siviwe Gwarube, sê haar departement werk baie hard om die beloofde riglyne en regulasies vir die omstrede Wysigingswet op Basiese Onderwyswette (Bela) te finaliseer. Die regulasies sal riglyne bied van hoe die wet toegepas moet word. Volgens die minister beplan die departement om die riglyne teen die einde van die maand te publiseer. Die wetgewing is egter reeds van krag nadat president Cyril Ramaphosa dit verlede jaar bekragtig het.

 
 
 

Comments


bottom of page