Rise Mzanzi, Good en Bosa smelt dalk saam
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Aug 28
- 1 min read
Die politieke partye Rise Mzanzi, Good en Bosa oorweeg dit om, in aanloop tot volgende jaar se munisipale verkiesing,saam te smelt. Al drie partye het aan Maroela Media bevestig dat gesprekke hieroor aan die gang is. Daar is egter nog geen finale besluit geneem nie. Volgens Bosa se woordvoerder, Roger Solomons is hulle al geruime tyd in gesprek met ander eendersdenkende partye en burgerlike formasies. Good se sekretaris-generaal, Brett Herron, het soortgelyk op Maroela Media se navraag geantwoord. Volgens Herron kan hulle in hierdie stadium bevestig dat gesprekke aan die gang is en dat hulle dit as die begin van ʼn breër projek sien wat daarop gemik is om sosiale demokrasie in Suid-Afrika te versterk.





Comments