top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Riverlands vloedslagoffers se gemoedere loop hoog

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Sep 17, 2024
1 min read

Spanning loop hoog in Riverlands in die Wes-Kaap aangesien vloedslagoffers steeds tydelik by skuilings en by familielede gehuisves word. Vloedwater van vier ineengestorte damme het net meer as ʼn maand gelede verwoesting in die gebied gesaai en mense se huise beskadig. Meer as 200 mense is geraak en minstens 60 mense word steeds by ʼn kerk en ‘n jeugsentrum in die dorp geakkommodeer. Die departement van Landbou, Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling, wat die grond besit waarop die damme is, is verantwoordelik gehou vir die ramp.

 
 
 

Comments


bottom of page