RNE-ministers kry meer geld vir beskerming as die Valke
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Jan 22
- 1 min read
Die onderskeie ministers in die regering van nasionale eenheid (RNE) het in die 2024-’25-boekjaar meer as R3,7 miljard aan BBP-beskermingsdienste bestee. Dit is meer as wat aan die direktoraat vir prioriteitsmisdaadondersoek (die Valke) toegeken word.
Maroela Media berig die minister van polisie het onlangs in reaksie op ʼn parlementêre vraag van ActionSA bevestig dat die werklike uitgawes in dié boekjaar R2,29 miljard vir BBP-beskermingsdienste en ʼn verdere R1,42 miljard vir statiese beskerming beloop. Die Valke se begrotingstoekenning is sowat R2,4 miljard rand. Die party sê dié besteding kom terwyl ernstige misdaadbestryding steeds onderbefonds is.
Newskoop berig ActionSA se Alan Beesley sê dit toon misplaaste prioriteite en het hernude oproepe gedoen om kabinetsvoordele te sny en adjunkministerposte te skrap.
LUISTER:







Comments