top of page

RNE-partye is gefrustreerd oor gebrekkige samewerking

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • Sep 28
  • 1 min read

Die leiers van politieke partye wat deel van die regering van nasionale eenheid uitmaak, het hul frustrasie teenoor president Cyril Ramaphosa uitgespreek.


Hulle meen dat hy nie sy beloftes nakom vir meer gereelde vergaderings met hulle nie.


Rapport berig hulle sê dat hulle 143 dae gelede laas met die president vergader het.


Sommige van die leiers sê dit is duidelik dat die president nie met sy koalisievennote wil vergader nie. Hulle meen meer gereelde vergaderings is noodsaaklik vir beter samewerking in die kabinet en parlement.


Ter illustrasie. FOTO: Daily Maverick
Ter illustrasie. FOTO: Daily Maverick

 
 
 

Comments


bottom of page