RNE-vennote bevraagteken Lamola se geskiktheid as topdiplomaat

Die minister van Internasionale Betrekkinge en Samewerking, Ronald Lamola, het onder skerp kritiek deurgeloop oor sy hantering van Suid-Afrika se verslegtende verhouding met die Verenigde State.
Volgens Maroela Media meen twee van die ANC se vennote in die regering van nasionale eenheid, saam met ander organisasies, dat Lamola nie geskik is om as die RNE se topdiplomaat te dien nie.
Die kritiek volg te midde van ’n openbare woordestryd tussen Lamola en die Amerikaanse ambassadeur, Leo Brent Bozell. Lamola het onlangs gesê ’n diplomaat wat nie bereid is om te praat nie, moet “uit die kombuis kom”, waarop Bozell hom van ’n persoonlike aanval beskuldig het.
Die diplomatieke spanning kom nadat Lamola self erken het dat betrekkinge tussen Suid-Afrika en die VSA ’n kritieke laagtepunt bereik het.
Kritici sê die huidige benadering bemoeilik pogings om die verhouding tussen die twee lande te herstel.









Comments