Robbeneiland se tronk word in akkommodasie omskep
- Saamgestel deur Ilde Roos

- 3 days ago
- 1 min read
Updated: 2 days ago
Robbeneiland se ikoniese tronk, waar voormalige president Nelson Mandela vir 18 van sy 27 jaar tronkstraf aangehou is, ontvang ’n opgradering van R70-miljoen om voormalige wagte se huise in verblyf vir besoekers te omskep.
Business Tech berig die Robben Island Museum sê die huise, wat eens simbole van toesig en beheer binne die apartheidsgevangenisstelsel was, sal heraangepas word om hedendaagse sosiale, ekonomiese en omgewingsdoelwitte te dien, terwyl hul historiese integriteit behoue bly.
Die museum sê deur historiese strukture vir moderne gebruik aan te pas word verseker dat die eiland ’n lewende erfenisterrein bly. Die tronk is geleë aan die kus van Kaapstad en funksioneer vandag as ’n museum en ’n UNESCO-wêrelderfenisgebied, wat baie toeriste lok wat daguitstappies onderneem.








Comments