Robbie Williams steek die Beatles verby
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Jan 26
- 1 min read
Robbie Williams het amptelik die Beatles op die Britse albumtrefferlys verby gesteek - deur die kunstenaar met die meeste nommer een albums in die trefferlysgeskiedenis te word.
Williams se album Britpop is die 16de nommer een van sy solo-loopbaan - wat 1997 met Life Thru A Lens begin het.
Hy sê aan BBC News dis absoluut ongelooflik, en voeg by hy het nog altyd gesê sy sukses is gelykstaande aan die rek van 'n rekkie van Stoke-on-Trent na die Maan.
Hy reken die rekkie het net langer geword, en wentel nou om Venus.







Comments