top of page

Ace Magashule se naam word by polisiekorrupsie betrek

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • 2h
  • 1 min read

Die gewese sekretaris-generaal van die ANC en ’n oudpremier van die Vrystaat, Ace Magashule, se naam het opgeduik in die parlementêre ad hoc-komitee wat bewerings ondersoek van wydverspreide korrupsie, misdadigheid en politieke inmenging wat glo die polisie, die regbank en politici betrek.


Netwerk24 berig die fluitjieblaser Patricia Mashale het beweer Magashule en ander was betrokke by die moord op getuies in die korrupsiesaak oor die suiwelplaas by Vrede in die Vrystaat.


Mashale, ’n voormalige werknemer in die Suid-Afrikaanse Polisiediens, het Dinsdag getuig oor ’n gevangene, Zwelinzima Joseph Nquru, wat beweer dat polisiebeamptes, staatsaanklaers en politici hom gebruik het as ’n huurmoordenaar terwyl hy in die tronk was.


Rosestad-nuus se Ilde Roos verduidelik verder Mashale beweer die gevangene, wie se vonnis reeds in 2012 verstryk het, word onwettig aangehou weens vrese dat hy die betrokkenes by die moorde sal betrek indien hy vrygelaat sou word.


LUISTER:


Ilde Roos

TRANSKRIPSIE:


Mashale verduidelik Nquru is in 1998 in hegtenis geneem weens veediefstal, en tronkstraf opgelê. Volgens haar het hulle, terwyl hy in die tronk was, hom glo begin gebruik as ’n huurmoordenaar om getuies dood te maak, insluitend getuies in die Vrede-plaas-korrupsiesaak. Nquru het glo die vuurwapens en wie daardie getuies vermoor het, blootgelê. Nquru het onder andere die voormalige premier, Ace Magashule, en die polisiekommissaris in die Vrystaat, genl. Baile Motswenyane, betrek. Sy voeg by sy het bewyse van alles, en het die NVG verlede jaar hiervan in kennis gestel.


Mashale het voor die komitee verskyn as deel van ’n openbaredeelnameproses.


Ace Magashule. FOTO: News24
Ace Magashule. FOTO: News24

Recent Posts

See All

Comments


bottom of page