top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Robotte hou pas met mense tydens halfmarathon

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Apr 20, 2025
  • 1 min read

Sowat 21 mensagtige robotte het saam met duisende mense aan ‘n halfmarathon in Beijing deelgeneem. SABC-nuus berig dit was deel van ‘n poging van verskeie maatskappye en universiteite om te wys hoe gevorderd robot-tegnologie is. Uiteindelik het ‘n mens steeds die marathon van 21 km gewen. Die wenner-robot het die afstand in twee ure, 40 minute en 42 sekondes afgelê. Van die robotte het goed bygehou en die halfmarathon voltooi. Ander het al by die wegspring gesukkel. Die wedren word die wêreld se eerste robot-halfmarathon genoem.

 
 
 

Comments


bottom of page