top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Roelf Meyer wil bande met Amerika herstel

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • 1 day ago
  • 1 min read

Suid-Afrika se nuwe ambassadeur in die Verenigde State, Roelf Meyer, sê sy grootste doelwit is om diplomatieke bande tussen Suid-Afrika en Amerika te herstel.


Meyer is vandeesweek amptelik by die Withuis geakkrediteer nadat die pos vir sowat ’n jaar vakant was.


Hy sê Suid-Afrika het sy diplomatieke sending in Amerika te lank afgeskeep, wat volgens hom tot gespanne betrekkinge tussen die twee lande bygedra het.


Meyer sê hy het nog nie persoonlik met Amerikaanse president Donald Trump vergader nie, maar het geskerts dat hy graag saam met Trump sal gaan stap wanneer hy gholf speel.


Hy sê sterker betrekkinge tussen die twee lande is belangrik vir Suid-Afrika se ekonomiese groei.


Roelf Meyer. FOTO: Polity
Roelf Meyer. FOTO: Polity

 
 
 

Comments


bottom of page