Rondloper-varke bly 'n probleem in 'n VS dorp
- Saamgestel deur Ilde Roos

- May 27
- 1 min read
Ná klagtes oor talle vrylopende varke in Harrismith in die Vrystaat, word versoeke aan die munisipale bestuurder van die Maluti-a-Phofung-munisipaliteit gerig vir dringende ingryping.
Maroela Media berig volgens 'n raadslid van die munisipaliteit hou die varke 'n gesondheidsrisiko vir die publiek in, en dit is 'n verkeersgevaar.
Die raadslid sê munisipaliteite is by magte om vee uit woongebiede te verwyder, maar die vark-eienaars gee nie om nie aangesien daar geen wetlike gevolge soos boetes of beslaglegging is nie.








Comments