top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Rooibos is op pad na die ruimte

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • 1 day ago
  • 1 min read

Suid-Afrikaanse rooibos-saad sal later vanjaar na die Internasionale Ruimtestasie gestuur word as deel van die nuwe Rooibos in die Ruimte-program.


Die saad sal aan mikrogravitasie en ruimtestraling blootgestel word voordat dit na die aarde terugkeer, waar wetenskaplikes dit met sade hier sal vergelyk.


Die projek word deur die Suid-Afrikaanse Rooibosraad, MaxIQ Space en die Suid-Afrikaanse Nasionale Ruimteagentskap gelei.


Leerders van sewe skole in die Cederberg sal ook aan die navorsingsprojek deelneem, wat ondersoek hoe plante onder ruimtetoestande groei en aanpas.


Ter illustrasie. FOTO: Unsplash
Ter illustrasie. FOTO: Unsplash

 
 
 

Comments


bottom of page