Rou riool vloei steeds in die Vaalrivier

Rou riool vloei steeds op verskeie plekke die Vaalrivier binne, drie jaar nadat een munisipaliteit met R70 miljoen beboet is en ondanks 96 strafsake wat landwyd reeds teen munisipaliteite geopen is weens rioolbesoedeling.
Nova News berig een van dié sake is teen die munisipale bestuurder van die Emfuleni plaaslike munisipaliteit in die Vrystaat, April Ntuli.
AfriForum het in Mei verlede jaar 'n derde klag teen Ntuli ingedien nadat rou riool weens ineengestorte infrastruktuur in inwoners se huise ingevloei het. Volgens AfriForum se hoof vir die sentrale streek, Jaco Grobbelaar, is geen verbeterings aangebring sedert die eerste klag ingedien is nie.
Die minister van Water en Sanitasie, Pemmy Majodina, het hom daartoe verbind om te verseker dat die saak onmiddellik aandag geniet. Amptenare is opdrag gegee om die volle omvang van die vereiste werk en die gepaardgaande koste te bepaal sodat befondsing uit die Nasionale Rampfonds beskikbaar gestel kan word.









Comments