top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Rowers met die hulp van veiligheidsbeamptes vervolg

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Sep 18, 2024
1 min read

Rowers wat twee studente van die Sentrale Universiteit vir Tegnologie (SUT) in Bloemfontein beroof het, is suksesvol vir roof met verswarende omstandighede vervolg. Die twee is tot 15 jaar gevangenisstraf deur die Bloemfonteinse hof gevonnis. Die 19-jarige studente is oppad van SUT deur die twee van hulle selfone asook ‘n skooltas beroof. Hulle het die rowers gevolg toe hulle by SUT ingehardloop het en die saak by die veiligheidsbeamptes gaan aangemeld. Die beamptes het die beskuldigdes met bewysstukke, wat positief deur die studente geïdentifiseer is, gevind, in hegtenis geneem en aan die polisie oorhandig.

 
 
 

Comments


bottom of page