top of page

Rowers slaan wéér op winkel in Westdene toe

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • Nov 7, 2025
  • 1 min read

Gewapende mans het die Talk2Me Vodacom-winkel in Pres. Steynstraat, Westdene, beroof.


Volgens winkeleienaar, Gerda le Roux, is dit die vyfde keer dat haar winkel beroof word.


Bloemnuus berig drie vroue is na die kombuis geneem waar hulle hande met kabelbinders vasgebind is.


Le Roux wat in haar kantoor langs die winkel gesit het, het alles sien gebeur en die paniekknoppie gedruk.


Volgens haar het die winkel heelwat voorraad vir hul Black-Friday-aanbiedinge gehad.


Die rowers het glo vir die personeel gesê hulle het nie nodig om bekommerd te wees nie - hulle sal nie seerkry nie.


Hulle ook gesê die winkel het versekering om nuwe voorraad te koop.


Sekuriteit was vinnig op die toneel en ‘n polisiehelikopter het Donderdag lank oor Westdene gevlieg.


Sover bekend is niemand nog in hegtenis geneem nie.


Gerda le Roux. FOTO: Bloemnuus
Gerda le Roux. FOTO: Bloemnuus

Comments


bottom of page