Rowers wat die Bloemfontein-gebied teister is agter tralies
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Jul 3
- 1 min read
Gedurende die winter van 2022 is 'n aantal rooftogte met verswarende omstandighede in die Groter Bloemfontein-gebied aangemeld. Luidens ‘n mediaverklaring het een so ‘n voorval in 'n restaurant in Harveyweg plaasgevind. In meeste van die aangemelde voorvalle het die oortreders glo in 'n groep beweeg, sakepersele binnegegaan en voorgegee het om klante te wees. Terwyl een glo iets sou koop het ‘n ander werknemers met ‘n sywapen gedreig en geld geeis. Die saakdossiers is aan die Mangaung Metro Trio-taakspan toegeken en twee verdagtes is in hegtenis geneem. Die twee is onlangs deur die Bloemfonteinse Hooggeregshof skuldig bevind, en tot onderskeidelik 20 en 15 jaar gevangenisstraf vir poging tot moord en roof met verswarende omstandighede gevonnis.





Comments