top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

RTMC maan motoriste tot versigtigheid

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • Jun 2
  • 1 min read

Die Padverkeersbestuurskorporasie (RTMC) maan motoriste om uiters versigtig te wees wanneer hulle saans of in die vroeë oggendure bestuur.


Dit ná 'n reeks noodlottige ongelukke waarin 19 mense die afgelope naweek oorlede is.


In 'n mediaverklaring sê die korporasie vyf mense is dood toe 'n bakkie agter in 'n motor op Old Randfonteinweg in Kagiso in Gauteng vasgery het.


Nege mense is oorlede toe 'n minibustaxi en vragmotor by Buffelshoek in Noordwes gebots het, terwyl nog vyf mense in 'n botsing tussen 'n vragmotor en minibustaxi naby Nyl Plaza in Limpopo dood is.


Die korporasie ondersoek die oorsake van die ongelukke, maar waarsku motoriste om nie onder die invloed van alkohol te bestuur nie en om wintertoestande soos mis, swak sigbaarheid en gladde paaie in ag te neem.


Ter illustrasie. FOTO: Unsplash
Ter illustrasie. FOTO: Unsplash

 
 
 

Comments


bottom of page