top of page

RUGBY: Ackermann is aangestel as die Bulle se nuwe hoofafrigter

  • Writer: Armando Pieters
    Armando Pieters
  • Jul 16
  • 1 min read

Die Vodacom Bulle het Johan Ackermann as hul nuwe hoofafrigter bevestig, met onmiddellike ingang, ná sy huidige pligte by die Junior Bokke in Italië ten einde loop. Die driemalige SA Afrigter van die Jaar bring ‘n rykdom van internasionale ervaring saam met hom van sy tye by die Lions, Gloucester en Japan se Red Hurricanes en Urayasu D-Rocks. Ackermann sal sy ondersteuningspan aankondig nadat hy volgende week na Suid-Afrika terugkeer. Die Ligbloues skop hul Curriebeker-veldtog op 26 Julie teen die Westelike Provinsie in Kaapstad af.

 
 
 

Comments


bottom of page