top of page

RUGBY: Baa-baas wys sterk groep aan teen Bokke

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Jun 24, 2025
  • 1 min read

Die Barbarians het ‘n sterk 23-tal aangewys wat die Bokke Saterdag in Kaapstad die stryd gaan aansê. Agtien spelers het reeds toetsrugby gespeel terwyl die Stormers slot, Ruben van Heerden - wat geskitter het in die VRK-reeks en nog nie ‘n Bok-trui oor die kop kon trek nie, vir Rassie Erasmus sal wil wys dat hy binnekort vir die Groen en Goud moet uitdraf. Die Iere Cian Healy, Peter O’Mahony en Connor Murray het elkeen al meer as ‘n 100 toetse vir hul land gespeel terwyl die voormalige All Black kaptein, Sam Cane, en Kiwi-spanmaat, Shannon Frizell, ook deel van die Baa-baas se uitsoekgroep is. Intussen het Rassie Erasmus ook vier nuwelinge in die Bokspan ingesluit. Die vaskoptstut Asenathi Ntlabakanye en vaskopflank Vincent Tshituka sal in die begin 15-tal uitdraf terwyl Marnus van der Merwe en Neethling Fouche vanaf die bank ‘n impak sal maak. Die afskoptyd in die DHL-Stadion is 17:10.

 
 
 

Comments


bottom of page