top of page

RUGBY: Blitsbokke mik vir sterk afrondings-vertoning in Singapoer Sewes-toernooi

  • Writer: Armando Pieters
    Armando Pieters
  • Apr 4
  • 1 min read

Die Springbok-sewesspan het in Singapoer aangekom met ‘n hernude fokus en vasbeslote om die HSBC SVNS-seisoen af ​​te sluit met ‘n vertoning wat hul span en land trots sal maak. Siviwe “Shakes” Soyizwapi het die belangrikheid beklemtoon om nuut te begin, hul Hongkong-resultate agter te laat en in hul stelsel en proses te vertrou. Terwyl Soyizwapi voortgaan om te skitter in sy nuwe rol as voorspeler en oppad om sy agthonderd loopbaanpunte af te sluit is die jong Zander Reynders ook gretig om sy eerste drie te druk en meer tot die span by te dra. Reynders wat sy buiging in Kaapstad gemaak het waardeer die mentorskap van senior spelers en is daartoe verbind om sy beste te lewer elke keer as hy op die veld draf vir die Blitsbokke.

 
 
 

Comments


bottom of page