RUGBY: Bokke – en dalk Bloem – sien moontlik weer vir Os Lobos
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Mar 31, 2025
- 1 min read
Dit blyk dat die Springbokke – en dalk Bloemfontein – 'n tweede geleentheid sal kry om Portugal later vanjaar aan te pak.
Volgens IOL het 'n Sondagkoerant berig Os Lobos gaan waarskynlik terugkeer soos wat Bok-afrigter Rassie Erasmus opposisiespanne kry om sy skedule van 15 wedstryde vir die Bokke te vul.
Portugal het verlede jaar 64-21 teen die Springbokke in Bloemfontein verloor.
Erasmus het glo sy oog op 'n paar nuwelinge, en wil terselfdertyd die ouer manne toets om te kyk of hulle die mas sal kan opkom.
Hy wil dus twee "ekstra" toetse skeduleer ter verdere voorbereiding vir die 2027 Wêreldbeker in Australië.






Comments