RUGBY: Bokke moenie té opgewonde raak nie
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Jun 29
- 1 min read
Die Springbok-afrigter Rassie Erasmus waarsku dat die span nie té opgewonde moet raak ná hul oorwinning oor die Barbarians nie.
Die Baabaas se afrigter, Robbie Deans, reken egter die Bokke het die vermoë om die All Blacks later vanjaar vir die eerste keer sedert 1937 op Eden Park te klop.
Die Springbokke het die Barbarians Saterdag in ‘n weghol-sege van 54-7 in Kaapstad geklop.
Volgens Netwerk24 maan Erasmus egter vir perspektief; volgens hom is die Barbarians ‘n saamgeflanste span.
Die twee afrigters is dit eens die weerstoestande was vir veral die Barbarians uitdagend.
Erasmus is tevrede met al sy spelers se vertonings, en alhoewel hy gedink het hulle sou die bal verder versprei, het van die groentjies gewys hulle is van toetsgehalte.





Comments