top of page

RUGBY: Bokke se 'Bud Spencer' eers weer 2026 terug op die speelveld

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Jul 1, 2025
  • 1 min read

Frans Malherbe behoort volgende jaar weer op die veld te wees nadat hy in Maart ʼn rugbesering opgedoen het. Die 34-jarige Stormers-stut het reeds twee Wêreldbekers saam met die Springbokke gewen maar sy 2025 seisoen is vir nou eers iets van die verlede. Die Stormers se direkteur van rugby John Dobson sê hulle sal nie die veteraan onder druk plaas nie en wag nog op advies of ʼn operasie nodig sal wees. Intussen het die Stormers bevestig dat Ruan Ackermann binnekort by diè Kaapse franchise sal aansluit ná sewe jaar oorsee.

 
 
 

Comments


bottom of page