RUGBY: Bokke verloor nommer een status
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Sep 23, 2024
- 1 min read
Die Springbokke se tyd as die wêreld se nommer een rugbyspan het tot ‘n einde toe gekom na hul nederlaag teen Argentinië in Santiago del Estero.
Hul 28-29 nederlaag teen Los Pumas sien dat hulle terugsak na die tweede plek op die wêreldranglys, tans nul-komma-drie-vyf punte agter Ierland.
Die Suid-Afrikaners was vir 11 maande die nommer een span in die wêreld.
Argentinië het intussen vir Skotland vervang as die sesde beste span in die wêreld, volgens Wêreldrugby se ranglys.






Comments