top of page

RUGBY: Bokmasjien trap Azzurri op 'n galop met 14 spelers

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Jul 14
  • 1 min read

Die Springbokke het net weereens gewys waarom hulle die wêreldkampioen is nadat hulle Italië in die tweede toets met 45 – 0 in Gqeberha uit hul pad gevee het wat sewe onbeantwoorde drieë ingesluit het. Die Bokmasjien se momentum is na 22 minute se spel ietwat ontwrig toe die agsteman Jasper Wiese met ’n rooikaart van die veld afgestuur na ’n kopstamp-sessie met van die Italiaanse spelers. Dit het egter nie die Suid-Afrikaners ontsenu nie en het daarna met innoverende middelveld-rolmaalbewegings vorendag gekom wat tot Canan Moodie en Malcolm Marx se drieë aanleiding gegee het. Voorlangs was die einste Marx ’n yster in die skrums en sy ingooiwerk by die lystane was puik gewees terwyl die Speler van die Wedstryd Edwill van der Merwe met sy tweekuns gewys dat hy nog lank die Groen en Goud gaan dra. Die Bokke speel eerskomende naweek teen Georgië wat in ’n feeswedstryd teen die Cheetahs Vrydagaand met 20 – 24 die onderspit gedelf het.

 
 
 

Comments


bottom of page