RUGBY: Bulls VS. Leinster in VRK eindstryd
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Jun 9, 2025
- 1 min read
Die Bulle het met ’n spankel-vertoning hul plek in die VRK-eindstryd bespreek nadat hulle die Haaie met 25 – 13 op Loftus Versveld ore aangesit het. Die tuisspan het drie keer gaan druk terwyl die Piesangboere met twee van hul eie kon terugantwoord. Die Bulls se skrum het amok gemaak en met tye die Bok voorry Ox Nche, Bongi Mbonambi en Vincent Koch in trurat gehad. Agterlangs het die Ligbloues se Speler van-die-Wedstryd Sebastian de Klerk uitgeblink met sy aanval- en verdedigings-vermoë en met tye die besoekers na wind laat gryp. *In die ander halfeindstryd was Leinster genadeloos teen die verdedigende kampioen Glasgow Warriors en het met 37 – 19 verseker hul pak die Bulls eerskomende Saterdag in Croke Park in Dublin.






Comments