RUGBY: Cheetahs & Georgië feeswedstryd beloof vir heelwat aksie in Toyota Stadion
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Jul 11, 2025
- 1 min read
Die Cheetahs is slaggereed om Georgië Vrydagaand in die Toyota Stadion aan te vat vir ’n geskiedkundige wedstryd wat deel uitmaak van Vrystaat Rugby se 130ste jaar bestaansjaar Die tuisspan se afrigter Ruan Pienaar het ’n goed gebalanseerde span saamgestel wat teen die Lelos gaan uitdraf. Die skrum word geanker deur Hencus van Wyk, Marco Janse van Rensburg en Frankie Dos Reis terwyl Pieter Jansen van Vuren en kaptein Victor Sekekete die slotpaar sal wees. Die lostrio is saamgestel deur Gideon van der Merwe, Pierre Raymond Uys en Neels Volschenck. Rewan Kruger en Ethan Wentzel sal die skakelpaar wees terwyl Ali Mgijima en Marko Jansen van Vuren die middelveld sal patrolleer. Banie Britz en Ntokozo Makhaza speel onderskeidelik in die nommer 11 en 14 trui terwyl Cohen Jasper in die laaste vesting sal wees. Die skeidsregter is Christopher Allison en hy word bygestaan deur Tiaan Engelbrecht en Ashton Ockhuys. Die TV-skeidsregter is AJ Jacobs. Afskoptyd is 19:00 en die wedstryd word regstreeks op SuperSport Kanaal 211 uitgesaai.






Comments