top of page

RUGBY: Cheetahs skraap deur teen Griffons in SABeker-reeks / Blitsbokke eindig negende in Singapoer Sewes

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Apr 7, 2025
  • 1 min read

Die Cheetahs het ‘n sug van verligting geslaak nadat hulle met ’n sege van 38 – 31 teen die Griffons in Bloemfontein kon wegstap in die SABeker-reeks. Die tuisspan was teen halftyd gemaklik voor met 19 – 0 maar met die omdraai-slag het die besoekers uit Welkom die krane oopgedraai om dit gelykop met 31 – 31 elk te maak in die 67ste  minuut. Dit was uiteindelik die plaasvervanger haker Vernon Paulo wat die oorwinning verseël het om die Cheetahs in die vierde plek op die punteleer te kon inskuif. In die ander wedstryde het die Griekwas wat die verdedigende kampioen is die Boland met 42 – 36 in Kimberely gestuit terwyl die O.P. die Luiperds in Gqeberha met 26 – 17 geklop het. In die Singapoer Sewes-toernooi het die Blitsbokke weereens gestruikel en moes met die negende plek tevrede wees nadat hulle Australië met 26 – 7 kon troef. Diè toernooi is deur Fidji gewen nadat hulle teen Kenia in die eindstryd met 21 - 12 koning kon kraai.

 
 
 

Comments


bottom of page