top of page

RUGBY: Cheetahs slaggereed om Griekwas in Kimberley te klop vir plek in SABeker-eindstryd

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • May 16, 2025
  • 1 min read

Die Cheetahs sal met ’n groot vasberandenheid op die veld draf wanneer hulle die Griekwas Saterdagmiddag in Kimberley in die tweede halfeindstryd van die SABeker-reeks in Kimberley aandurf. Die Direkteur van Vrystaat Rugby en Hoofafrigter Frans Steyn het vier veranderinge in die agterlyn aangebring. Prince Nkabinde en Michael Annies sal op vleuel diens doen terwyl Ali Mgijima en Carel-Jan Coetzee onderskeidelik op 12 en 13 sal uitdraf. Dylen November gaan die fluitjie hanteer en word bygestaan deur Daniel Canhenga en ’n plaaslike beampte. Dié wedstryd skop om 15:00 af en word regstreeks op DSTV Kanaal 951 gestroom. *In die ander halfeindstryd sal die Pumas en Boland mekaar om 19:00 Vrydagaand in Nelspruit aandurf om te bepaal wie in volgende week se eindstryd sal speel.

 
 
 

Comments


bottom of page