top of page

RUGBY: Cheetahs slaggereed vir aanslag teen Luiperds in SABeker

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Mar 14, 2025
  • 1 min read

Die Cheetahs se hoofafrigter Frans Steyn het sy beste beskikbare begin 15-tal aangewys wat die Luiperds Vrydagaand in die Toyota Stadion die stryd gaan aansê. Cohen Jasper, Prince Nkabinde en Banie Britz vorm die agterste driehoek terwyl Reagan Oranje en Jooste Nel die middelveld gaan patrolleer. Die skakelpaar is George Lourens en Jandre Nel. Die skrum word geanker deur Hencus van Wyk en Aranos Coetzee met die kaptein Louis van der Westhuizen wat op haker sak. Die slotkombinasie is Carl Wegner en Pieter Jansen van Vuuren terwyl die lostrio bestaan uit Daniel Maartens, Pierre Uys en Neels Volschenk. Kaartjies is R50 vir die hoofpaviljoen, R30 vir die oop paviljoen en R20 vir studente en kinders. Die afskoptyd is 18:00 en die fluitjie word deur Paul Mente hanteer.

 
 
 

Comments


bottom of page