RUGBY: Cobus Reinach sal in die 2025/26 seisoen vir die Stormers uitdraf
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Jan 15, 2025
- 1 min read
Die Springbok skrumskakel Cobus Reinach sal volgende seisoen by die Stormers aansluit. Reinach wat 39 keer vir die Bokke uitgedraf het keer terug na Suid-Afrika na hy die laaste sewe jaar in Europa spandeer het. Die 34-jarige het in 2017 die Haaie verlaat om hom by Northampton Saints aan te sluit voor hy in 2020 na Montpellier verhuis het. Die Stormers se direkteur van rugby John Dobson het bevestig dat Reinach maklik by die Kaapse franchise sal inskakel waar sy ervaring ook waardevol gaan wees in die ontwikkeling van die Stormers se jong skrumskakels.






Comments