top of page

RUGBY: Die Cheetahs is oorgehaal vir Curriebeker ronde nommer twee teen die Pumas in Bloemfontein

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Aug 1, 2025
  • 1 min read

Die Toyota Cheetahs sal probeer om te vergoed vir die blaps teen die Boland in die eerste ronde van die Curriebeker toernooi wanneer hulle die Pumas in Bloemfontein gaan aanvat. Cameron Dawson draf in sy 50ste wedstryd uit op loskopstut en sal saam met Vernon Paulo en Frankie Dos Reis die skrum anker. Pierre Raymond Uys en die kaptein Victor Sekekete sal die slotpaar wees terwyl Sasko Ndlovu, Gideon van der Merwe en Neels Volschenk die lostrio-kombinasie is. Jandre Nel en Tiaan Swanepoel is die skakelpaar terwyl Carel-Jan Coetzee en Marko Janen van Vuren die verdediging in die middelveld gaan hanteer. Cohen Jasper en Banie Britz is die vleuels terwyl James Verity-Amm op heelagter uitdraf. Die fluitjie word deur Hanru van Rooyen hanteer en hy word bygestaan deur AJ Jacobs en Daniel Canhenga. Die TV-skeidsregter is Cwengile Jadezweni. Die wedstryd skop 19:00 af. Saterdag pak die Leeus die WP in Johannesburg gevolg deur Bulle en Haaie op Loftus. Sondag ontmoet die Griekwas die Boland Kavaliers in Kimberley.

 
 
 

Comments


bottom of page