top of page

RUGBY: Die Springbokvroue maak gereed vir die Wêreldbeker-toernooi met twee oefen wedstryde teen die Black Ferns in Kaapstad

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Jul 17, 2025
  • 1 min read

Die Springbokvroue se prestasie-afrigter Swys de Bruin het ‘n groep van 32 spelers aangewys om die Black Ferns  in twee wedstryde in Kaapstad te pak. Die wedstryde sal op 26 Julie en 2 Augustus by die Athlone-stadion plaasvind wat hul laaste voorbereiding voor die Rugbywêreldbeker-toernooi in Engeland volgende maand sal wees. Ses spelers is by die groep gevoeg met Vainah Ubisi wat terugkeer na ‘n knieoperasie en na verwagting vanjaar vir die eerste keer sal speel. De Bruin sê die groep is byna gefinaliseer vir die Wêreldbeker en verwag dat Nieu-Seeland ‘n moeilike en waardevolle toets sal wees.

 
 
 

Comments


bottom of page