RUGBY: Drama in Durban nadat Sharks vir Munster uit VRK-reeks 'skop'
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Jun 2
- 1 min read
Die Haaie en Munster het vir groot drama in Durban gesorg toe die Piesangboere se Jordan en Jaden Hendrikse en Bradley Davids hul span tot in die halfeindronde van die Verenigde Rugbykampioenskaps-reeks geskop het. Na amptelike speeltyd was dit gelykop met 24 – 24 sowel as bykomende tyd was die telbord nog steeds onveranderd waarna die skopkegel nader getrek is. Munster se Rory Scannell het vroeër ‘n skop gemis maar dit was die jong Bradley Davids wat senuwees van staal getoon het en met laaste skop die tuisspan deurgetrek het vir 'n halfeindstryd ontmoeting eerskomende Saterdag teen die Bulle op Loftus Versveld. *Die einste Ligbloues was ook in aksie teen Edinburgh en nadat die tuisspan lemoentyd met slegs drie punte agtergeloop het Jake White se span na ’n hoër rat oorgeskakel en die Skotse besoekers uiteindelik met 42 – 33 getroef. Die Bulle pak die Sharks Saterdag om 18:15 weer in Pretoria vir ’n plek in die eindstryd terwyl Leinster en die verdedigende kampioen die Gaslgow Warriors ook sake in die Aviva Stadion in Dublin sal uitspook om na die laaste wedstryd deur te dring.





Comments