top of page

RUGBY: Drie nuwe spelers genooi na Rassie Erasmus se Springbok belynings-kamp

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • May 15, 2025
  • 1 min read

Die Ikeys se Varsitybeker-ster Ntokozo Makhaza is uieindelik vir sy puik spel beloon met ’n plek in Rassie Erasmus se Springbok-belyningskamp. Makhaza wat die Speler van die Wedstryd was in die afgelope Varsitybeker-eindstryd en ook ’n baie goeie  stelskopper is se insluiting saam met Juarno Augustus en Vincent Tshituka is van die interessante keuses in die groep. Augustus is ’n voormalige Junior Bok terwyl Tshituka wat in die DRK gebore is en nou Suid-Afrikaanse burgerskap het lewer al verskeie seisoene uitstaan vertonings. 36 spelers is in twee aparte groepe ingedeel waar die plaaslike spelers aanstaande Donderdag saamtrek en die oorsese spelers ook aanstaande Vrydag ontmoet. Frans Malherbe, Ben-Jason Dixon, Elrigh Louw, Trevor Nyakane en Deon Fourie is nog op die beseringslys en nie oorweeg nie terwyl die grootste verrassing die afwesigheid van Evan Roos is wat deel van die vorige belyningskamp was.

 
 
 

Comments


bottom of page