RUGBY: Drie Suid-Afrikaners haal paneel vir 2025 Wêreldbeker vroue-toernooi
- Saamgestel deur Armando Pieters

- May 16
- 1 min read
Drie Suid-Afrikaners het geskiedenis gemaak nadat hulle by die paneel van wedstryd beamptes ingesluit is vir die Wêreldbeker-vroue toernooi wat vanjaar in Engeland plaasvind. Aimee Barrett-Theron sal die fluitjie hanteer terwyl Quinton Immelman een van die Tv-skeidsregters sal wees. Zoe Naudè is as die eerste plaasvervanger vir skeidsregtes of assistent-skeidsregters gekies indien enige gekose wedstrydbeampte sou onttrek. Barrett-Theron wat ook haar land verteenwoordig het, het haar debuut as skeidsregter in 2016 gemaak en reeds in 41 toetse geblaas terwyl Immelman wat ook ’n voormalige toetsblaser is die TV-skerm reeds sedert 2021 monitor. Naudè het in 2024 vir die eerste keer ’n toets hanteer en is ook op die Suid-Afrikaanse Rugbyunie se nasionale paneel. *Die 2025 Wêreldbeker-toernooi duur vanaf die 22ste Augutus tot die 27ste September.





Comments