top of page

RUGBY: Engeland se Tommy Freeman moontlik in senter-trui eerskomende naweek teen Wallis

  • Writer: Armando Pieters
    Armando Pieters
  • Mar 13
  • 1 min read

Die Engelse vleuel Tommy Freeman berei voor vir ‘n moontlike oorskakeling na buitesenter vir die wedstryd teen Wallis die Saterdag. Met Ollie Lawrence langs die kantlyn en Engeland wat nie ‘n oorheersende middelveldhardloper het nie kan Freeman se veelsydigheid ‘n oplossing bied hoewel hy daarop aandring dat sy langtermyn-toekoms vir eers op die vleuel-posisie bly. Die 24-jarige is in uitstekende vorm met ‘n kans om die eerste Engelse speler te word wat in elke ronde van die Sesnasies-reeks punte kon aanteken as hy Saterdag weer die lyn teen Wallis oorsteek. Engeland sal mik om na eerste posisie op die punteleer te klim terwyl dit Freeman se eerte keer sal wees waar hy op die Principality-stadion gaan uitdraf.

 
 
 

Comments


bottom of page