RUGBY: Etzebeth terug op sy beste terwyl Sharks mik na VRK-halfeindstryd
- Saamgestel deur Armando Pieters

- May 28, 2025
- 1 min read
Ten spyte van ‘n seisoen wat deur wisselvalligheid van die Sharks gekenmerk is in die VRK-reeks, is ‘n potensiële tuishalfeindstryd nou binne bereik van die Piesangboere. Eben Etzebeth wat weer ’n volle 80 minute teen die Scarlets in aksie was het die waarde van ondervinding in taai wedstryde wat hierdie seisoen opgedoen is, beklemtoon in vergelyking met verlede jaar se se 14de plek op die punteleer. Die Sharks pak Munster eerskomende Saterdag in die laaste kwarteindstryd en is vol vertroue dat hulle die knoop kan deurhak. Etzebeth beklemtoon ook dat vorige resultate, insluitend Oktober se oorwinning oor die einste Munster nou irrelevant is. *LUISTER EBEN ETZEBETH OOR STRYD TEEN MUNSTER*






Comments