top of page

RUGBY: Geen Rooi Drake is ingesluit in die Britse en Ierse Leeus se 23-tal vir Saterdag se ontmoeting teen die Wallabies nie

  • Writer: Armando Pieters
    Armando Pieters
  • Jul 17
  • 1 min read

Tom Curry en Sione Tuipulotu is in die Britse en Ierse Leeus se beginspan opgeneem vir Saterdag se eerste toets teen Australië in Brisbane terwyl die veteraan Owen Farrell en die jong opkomende ster Henry Pollock egter nie plek in die 23-tal gekry het nie. Terwyl daar geen Walliese spelers in die span is nie het die hoofafrigter Andy Farrell gesê die span weerspieël die regte balans vir die wedstryd. Die span word aangevoer deur Maro Itoje terwyl Joe McCarthy die onderkaptein sal wees. Dié wedstryd skop Saterdag om 12:00 (SA tyd) af.

 
 
 

Comments


bottom of page