top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

RUGBY: Groot stryd word verwag tussen Bulls en Sharks in VRK-halfeindronde wedstryd op Loftus

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Jun 4, 2025
1 min read

Die halfeindronde van die Verenigde Rugbykampioenskap sien die Bulls en Sharks wat mekaar  Saterdag op Loftus Versfeld gaan opkeil. Leinster en die Glasgow Warriors sal in die ander halfeindronde in Dublin kragte meet. Die Sharks het egter die oorhand gehad in hul mees onlangse ontmoetings insluitend ‘n 29–19 sege in Februarie op Loftus en ‘n 20–17 oorwinning in Desember op Kingspark. 30 000 kaartjies is  reeds verkoop vir diè Suid-Afrikaanse derby. Afskoptyd is 18:15.

 
 
 

Comments


bottom of page