RUGBY: Gure weer kan die Bokke en All Blacks se kragmeting bemoeilik
- Saamgestel deur Ilde Roos

- 1 hour ago
- 1 min read
Donderstorms, swaar reën en weerlig kan Saterdag se beslissende Springbok-All Blacks- kragmeting by die FNB-stadion bemoeilik.
Erge weer sal na verwagting oor Johannesburg beweeg omtrent dieselfde tyd as wat die Rugby’s Greatest Rivalry-kragmeting begin.
Airlink het vroeër vandeesweek aangekondig dat hulle ook die voorwedstryd-verbyvlug gekanselleer het weens die verwagte weerstoestande.
Die wedstryd begin kort ná 17:00, wat duisende toeskouers en albei spanne by die stadion moontlik in gevaar kan stel soos die storm toeslaan.







Comments