RUGBY: Ierse legende Peter O’Mahony lei Barbarians in afskeidswedstryd teen Bokke
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Jun 27
- 1 min read
Die Ierse legende Peter O’Mahony sal die Barbarians in sy laaste rugbywedstryd aanvoer wanneer hulle die Springbokke Saterdag in Kaapstad ontmoet. Die span spog met internasionale sterre terwyl die voormalige Stormers-slot Ruben van Heerden beslis stem sal wil dik maak teen sy Bok landgenote. Die Barbarians-afrigter Robbie Deans sê die groep werk goed saam en belowe ’n spog vertoning teen die heersende wêreldkampioen. Die afskoptyd in die DHL-Stadion is 17:10.





Comments