top of page

RUGBY: Ikeys & Maties pak mekaar in Varsitybeker eindstryd

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Apr 8, 2025
  • 1 min read

Die Ikeys en die Maties sal mekaar vanjaar in die eindstryd van die Varsitybeker-reeks ontmoet nadat hulle onderskeidelik met Tuks en die Shimlas afgereken het. Die Ikeys het in die eerste halfeindstryd Tuks in Pretoria ontmoet en in ‘n drieëfees met 48 – 35 die septer geswaai. Dit is ook nou die derde agtereenvolgende jaar dat die Kaapse studente tot diè eindstryd kon deurdring. In die Danie Craven Stadion in Stellenbosch met die Maties die verdedigende kampioen die Shimlas stukkend geduik en met 19 – 7 as oorwinnaar van die veld gestap. Die wedstryd was deurtrek met foute aan beide kante maar die Stellenbossers het met rotsvaste verdediging gewys dat hulle verdien het om in die eindstryd te speel en ontmoet die Ikeys eerskomende Maandag weer in die Eikestad.

 
 
 

Comments


bottom of page